Oblast

Oblast (Russies en Oekraïens: область, Wit-Russies: вобласць of вобласьць; Tsjeggies: oblast; Slowaaks: oblasť, Bulgaars: област; Kazachs: облысы of oblısı) is ’n soort deelgebied of administratiewe eenheid in 'n aantal Slawiese lande (Russiese Federasie, Oekraïne, Belarus en Bulgarye) asook Kirgistan en Kasakstan, twee voormalige republieke van die Sowjetunie.

Die woord "oblast" is ’n leenwoord in Afrikaans, maar word ook dikwels vertaal as "gebied", "sone", "provinsie" of "streek". Laasgenoemde vertaling kan misleidend wees, want ’n subdivisie van ’n "oblast" word ’n "rajon" genoem, wat as "streek" of "distrik" vertaal kan word, afhangend van die konteks.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search